//
you're reading...
Afrikaans Nuus

Westvaal Vakansie Oord, een van die Vaal se versteekte skatte.

Geskryf deur Constance van Niekerk

Vertaal deur Annemarie de Wet

READ this article in English

My Pastoor en vriendin, Zelda Oosthuizen sê altyd, “Daar is baie pragtige plekke in die Vaaldriehoek. Jy moet dit net ontdek.” Ons kerk gemeenskap, First Foundation Ministries (FFM) het inderdaad die wonderlikste Sukkot naweek by een van so ʼn pragtige plek, weg gesteek in die Vaaldriehoek, beleef- by  Westvaal Vakansie Oord. 

Westvaal Vakansie Oord is ʼn rustige hawe, (familie besigheid), op die walle van die Vaalrivier klipgooi vanaf Parys, Sasol en Vanderbijlpark. 

Hierdie paradys was ʼn plaas en gekoop deur die huidige eienaar se vader.  Johan van der Westhuizen was maar 24 jaar oud toe hy die plaas gekoop het.Vandag word die Oord bestuur deur die bekwame seun van Johan nl. Klasie en sy mooie vrou, Charéne.

Die oord beskik oor veertien wooneenhede, honderd kampeer plekke en sewe werknemers.Ek en my seun het in Gemsbok tuis gegaan, met ʼn lieflike uitsig oor die Vaalrivier. Dit was net ongelooflik!

Gemsbok wooneenheid, langs Ronel en “Jan se wa”

Aktiwitiete

  • Voëlkyk
  • Hengel
  • “Quad bike” ritte
  • Riviervaart
  • Kinder speelaria
  • Braai fasiliteite
  • Swem
  • Piekniek area


Die oord is veilig en jy kan rustige wees, met geen bekommernisse nie. Die kinders kan vrylik rondbeweeg en hul gate uit geniet. Dalk net nie sonder toesig na die swembad toe gaan nie, aangesien dit ʼn vlak kant het maar ook ʼn diep deel.


Een oggend, op ʼn stappie terug vanaf die saal, het daar skielik twee koedoes, klipgooi van my af, verskyn. So jammer dat ek nie my kamera by my gehad het om daai kosbare oomblik vas te vang nie. 


Daar is ook drie baie gehoorsame donkies wat verskyn het elke keer wanneet hulle die beul gehoor het. 

Westvaal Vakansie Oord is voorwaar ʼn kosbare natuur ervaring.Pastoor Zelda, neem my asb terug daarheen! Wat ʼn skat!

Alle fotos verskaf deur FFM

About Constance van Niekerk

Constance van Niekerk, (Connie V) is a creative writer, poet, music lover, spoken word artist, freelance writer, blogger and educator. She has contributed to several anthologies and published her own collection, Echoes of My Heart: A Poetry Collection available for purchase on all Amazon Stores Worldwide. Follow her on Twitter : @convanniekerk Connect with her on Facebook and Linkedin.

Discussion

Trackbacks/Pingbacks

  1. Pingback: Westvaal Holiday Resort, one of Vaal’s hidden gems | Afrique Beat News - Nov 3, 2022

Leave a Reply

Please log in using one of these methods to post your comment:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s

Enter your email address to follow this blog and receive notifications of new posts by email.

Join 1,689 other followers
Follow Afrique Beat News on WordPress.com

Meet the site blogger

%d bloggers like this: